• OnsSkool2

Skoollied

OPSAAL!

Lied van Laerskool Florida (C.H. Rönnebeck)

 

Tussen lowergroen en blommeprag,

Waar die heuwels glansend dein,

Het verrys 'n mooi simbool van krag,

Het ons dierbaar Skool verskyn!

As ons leuse "OPSAAL" luid weerklink,

Word die hele land bekoor.

Op en wakker, jonge burgers flink,

Laat die juigkreet OPSAAL hoor!

Refrein:

Dit is Florida wat brandwag staan,

Helder klink die roep "Werda!"

Ons sal OPSAAL

Ons sal voorwaarts gaan

Op die pad van Suid-Afrika!