• Skooltye

Skooltye


REËLINGS:

  • Die skool begin om 07:30 en daar word verwag dat alle leerders betyds sal wees.
  • Geen ouer word op die speelterrein toegelaat nie. U kan nie by u kind wag tot die klok lui nie. Meld asseblief aan by die kantoor.
  • Die hekke aan die bo- en onderkant van die skool in Negende Laan en Alexandrastraat moet deur die leerders gebruik word om in en uit te gaan.
  • Gr R – 3 leerders se ouers moet hulle by die kanthekkie in Alexandrastraat by die netbalbane op en aflaai.
  • Graad 4-7 leerders se ouers moet hulle op en aflaai by die klein hekkie in Negende Laan. Ouers met kinders in beide fases, moet hulle in Alexandrastraat by die netbalbane op en aflaai.
  • Geen leerder en/of ouer mag van die personeel se elektroniese skuifhek gebruik maak nie. Dit veroorsaak geweldige opeenhoping van verkeer en u kind se veiligheid kan nie gewaarborg word nie.
  • Ouers word versoek om asseblief nie voor die personeelhek stil te hou of leerders op of af te laai nie.
  • Geen leerder mag op ‘n fiets binne die skoolterrein ry nie – die fiets word gestoot tot by die graad R-heining en daar vasgemaak met ‘n ketting.
  • Wanneer ‘n leerder eers binne die skoolterrein is, mag die terrein nie verlaat word, sonder die toestemming van ‘n personeellid nie.
  • Leerders plaas hulle tasse in die oggend in netjiese rye by hul voogklasse (graad 1-3) of registerklasse (graad 4-7).
  • Geen tasse mag voor skool of na skool op die stoepe of terrein rondlê nie.
  • Geen leerder word ná die klok gelui het by die snoepie toegelaat nie.

 

SKOOLTYE:

Graad R - Graad 2:  07:30 - 12:40 (Maandag - Vrydag)

Graad 3:  07:30 - 13:00 (Maandag - Vrydag)

Daar is 'n wagklas vir die Gr R - 3 leerders wat nie dadelik afgehaal word nie.  Hulle bly in hul klas tot hul ouer boeties/sussies hul kom haal of hulle naskool toe moet gaan.

Graad 4 - Graad 7:  07:30 - 13:40 (Maandag - Donderdag)

Graad 4 - Graad 7:  07:30 - 13:10 (Vrydae)