Laerskool Florida se kultuurbedrywighede is die hoogtepunt van almal se kalender.

Algemene Kennis

Ons het vir die 3de jaar ingeskryf vir die Super 12 Algemene Kennis-kompetisie, waar die beste skole oor 5 provinsies teen mekaar meeding.

Graad 7-leerders het in ‘n interne uitdun deelgeneem en ontvang weekliks vars materiaal om in te studeer.

2014 - Ons leerders behaal altesaam 4de plek uit 24 skole wat deelneem

 

BYBELVASVRAE

Laerskool Florida het laas jaar vir die eerste keer aan die Super 12 Bybelvasvrakompetisie, waar die beste skole oor 5 provinsies teen mekaar meeding, deelgeneem.

Ons leerders is baie entoesiasties oor die kompetisie en is al hard aan die leer.