Laerskool Florida se kultuurbedrywighede is die hoogtepunt van almal se kalender.

Revue

Laerskool Florida se Revue is wyd en syd bekend as een van die grootste, fantastiese massa-optredes in Gauteng. Ons het ons optredes al verleng na 6 aande om al ons toeskouers te akkommodeer.

Elke liewe kind van gr 00 tot gr 7 neem deel aan hierdie vertoning. Die stories is vars, vertoning is kleurvol en die kinders oefen al maande voor die tyd.

Ons optrede datums vir 2015 begin al reeds in September.