Sport

Laerskool Florida is die enigste skool in die D12 distrik wat teen 24 skole oor 5 provinsies aan die Super 12-reeks deelneem.

Atletiek

Laerskool Florida se atletiekafrigting is van hoogstaande standaard. Ons neem jaarliks aan verskeie byeenkomste deel, insluitend ons eie Prestige Byeenkoms, om ons atlete voor te berei op die besige atletiekseisoen.

  • 2010 - 3 atlete na SA-Kampioenskappe
  • 2011 – 8 atlete na Gauteng Kampioenskappe en 3 atlete na SA-Kampioenskappe
  • 2012 - 16 atlete na Gauteng Kampioenskappe en 3 atlete na SA-Kampioenskappe
  • 2013 - 16 atlete na Gauteng Kampioenskappe en 1 atleet na SA-Kampioenskappe
  • 2014 - 15 atlete na Gauteng Kampioenskappe en 1 atleet na SA-Kampioenskappe