Sport

Laerskool Florida is die enigste skool in die D12 distrik wat teen 24 skole oor 5 provinsies aan die Super 12-reeks deelneem.

Gimnastiek

Vir Gr R – 3 vir seuns en dogters. Oefen Vrydae van 13:00 – 13:45

Die gimnastiek wat deur JGC Gymnastics aangebied word is daarop toegespits om veral aandag aan die volgende te gee:

  • Groot motoriese koördinasie & Balans.
  • Spiertonus en posturele probleme.
  • Liggaamsbeeld.
  • Oog-hand koördinasie & Oog-voet koördinasie.

Dit bied ook die geleentheid aan leerders wat nie aan ander sportsoorte kan deelneem nie, om op hierdie wyse as individu wel fisiese oefeninge te doen en op sy/haar eie te presteer na sy/haar eie vermoëns.

Daar word gebruik gemaak van verskeie apparate en hulpmiddels soos bv. mini-balk, mini-trampolien, mini-brug, balanseerblokke ensovoorts .

Hoofafrigter: Ilse Laing – 083 634 6164
E-pos: jgcgymnastics@absamail.co.za

 

Logo-PDF-Detour copy  Kliek hier vir die inskrywingsvorm.