Perdy as n Skool sport

Laerskool Florida het hierdie jaar Perdry geregistreer by SANESA as ʼn skool sport.

Al wat benodig is, is vir ʼn skolier om aan ʼn perdry skool te behoort of om self perd te kan ry en dan deel te neem in al die kompetisies wat aangebied word deur The South African National Equestrian Schools Association.

Dit is groot sport, al die skole in Wes Gauteng neem deel en daar is groot kompetisie tussen skole soos Laerskool Randfontein, Laerskool Krugersdorp, Laerskool Kenmmare, Maragon Private School en nog vele meer. Elke jaar se vier kompetisies word gehou op Maple Ridge Equestrian Farm daar naby die Sterkfontein grotte. Dit is gewoonlik ʼn heel dag van perd spring, tussen bale gras deurstap en natuurlik baie deftig aangetrek in skool klere. Alles tel punte en die kompetisie is erg.

Kyla van Zyl van Graad 5 neem elke jaar deel. Sy behoort aan Glover Paddocks Equestrian Farm in Honeydew. Haar gunsteling perd is Chiqueta en dit is dan ook die perd met wie sy deelgeneem het. Perdspring geniet sy baie en sy het dan ook verskeie rosette in hierdie kategorie losgeslaan.

Indien enige iemand belangstel om hul kinders betrokke te maak en meer inligting benodig skakel asseblief vir Chris van Zyl (082 441 7678) of Hannelie (082 335 6978).

Lees gerus ook meer hieroor op SANESA se webblad (www.sanesa.co.za)